Physical Address

304 North Cardinal St.
Dorchester Center, MA 02124

Mel se stories kry vlerke op die verhoog

POTCHEFSTROOM – Soos elke jaar spog Aardklop weer met ‘n vol komedieprogram om gehore te laat skaterlag.
Buiten gesoute grapmakers soos Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck, is talle deurbraak-komediante ook op die planke.
Een van hulle is Mel die Storieverteller wat met haar video’s op sosiale media bekendheid verwerf het.
Met net meer as 100 vertonings agter die blad staan sy nou ook haar skoene op die verhoog vol.

en_USEnglish